Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man en baba dood toe 3 voertuie bots

’n Ongeluk tussen drie voertuie op die N6 in die Vrystaat het Saterdagoggend die lewe van ’n baba en ’n man geëis.

Paramedici en die polisie het omstreeks 05:00 op die ongelukstoneel, sowat 25 km buite Reddersburg in die rigting van Smithfield, aangekom.

Saterdagoggend se ongelukstoneel op die N6 buite Reddersburg in die Vrystaat.

Hier is die wrakke van ’n bakkie en twee ligte voertuie op die snelweg verspreid aangetref.

’n Baba, wat nie ouer as een jaar is nie, en ’n man, wat vermoedelik in die botsing uit die motors geslinger is, is op die toneel dood verklaar.

Volgens Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, is dit tans onduidelik of die twee oorledenes vanuit dieselfde motor was.

Hy sê paramedici het nog tien mense op die toneel vir beserings behandel voordat hulle in verskillende hospitale opgeneem is.

Vermaak sê die pad was vir ’n geruime tyd gesluit, maar dit is later die oggend weer oopgestel.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en plaaslike owerhede sal die voorval ondersoek.

Meer oor:  Er24  |  Werner Vermaak  |  Smithfield  |  Reddersburg  |  Vrystaat  |  Baba  |  N6  |  Botsing  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.