Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man en minnares was in vliegtuig wat geval het

Herklaas Smit
Candice Delport
Ernst Labushagne

Die name van die mense wat dood is in die vliegtuigtragedie naby Machadodorp is bekend.

Hulle is Herklaas Smit, Ernst Labushagne en Candice Delport.

Na betroubaar verneem word, was Delport en Smit in 'n verhouding betrokke en was sy besig om van haar man, Manna, te skei. Smit is na verneem word ook besig om van sy vrou, Anel, te skei.

'n Persoon wat al saam met Smit gevlieg het, het gesê hy was 'n "cowboy" in die lug. Die bron het gesê hy was 'n "waaghalsige" vlieënier. Smit was 'n kunsmisverspreider in die Onderberg.

Die vliegtuig het Saterdagoggend neergestort op die plaas Doringkop tussen Machadodorp en Carolina in Mpumalanga. Hulle het vroeër opgestyg van die Komati Gorge Lodge buite Machadodorp.

Labuschagne woon met sy vrou en drie kinders op Machadodorp. Hy was 'n neef van Smit.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van Mpumalanga, het vroeër Saterdag gesê twee van die lyke en die hele vliegtuig was onherkenbaar verbrand. Die vliegtuig het ontplof toe dit die grond getref het.

Die vliegtuig, 'n viersitplek-Cessna, het aan Smit behoort.

Meer oor:  Vliegongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.