Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man ernstig beseer in botsing in Vrystaat

’n Man is in ’n kritieke toestand en twee ander is beseer nadat twee voertuie reg van voor op die R76, sowat 20 km buite Bethlehem in die Vrystaat, gebots het.

Paul Stefanus Fouché (58), wat alleen in ’n Polo Vivo gery het, is Maandagoggend ernstig beseer in die botsing reg van voor met ’n Ford EcoSport, sê konst. Puleng Lebakeng, polisiewoordvoerder.

Die toneel Maandagoggend op die R76 sowat 20 km buite Bethlehem in die Vrystaat waar twee voertuie reg van voor gebots het. Foto: ER24
Die Polo Vivo is teen die wal aan die kant van die pad langs die R76 buite Bethlehem aangetref. Die Ford EcoSport is in die middel van die pad gekry. Foto: ER24

Armand Flip Louw (27) en Oscar Small (22) wat in die Ford was, het ligter beserings opgedoen.

ER24 en ander nooddienste het Maandag omstreeks 06:45 op die toneel aangekom.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê hulle het die Polo teen die wal langs die pad aangetref, met die Ford EcoSport in die middel van die pad.

Die pasiënte is op die toneel behandel en Fouché het gevorderde lewensondersteuning ontvang.

Meiring sê die pasiënte is ná behandeling na hospitale in Bethlehem gebring.

Die polisie ondersoek ’n klag van roekelose en nalatige bestuur, sê Lebakeng.

Meer oor:  Vrystaat  |  Bethlehem  |  Kritieke Toestand  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.