Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man ernstig beseer toe boom op hom val

’n Man van 55 jaar is Dinsdagmiddag ernstig beseer toe ’n boom in reënweer op hom geval het terwyl hy in Malibongwerylaan in Randburg, Johannesburg, geloop het.

Reddingswerkers op die toneel van die ongeluk.Foto: Netcare 911
Die boom wat op ’n voetganger geval het.Foto: Netcare 911

Werner Vermaak, woordvoerder vir ER24, sê die man was onder die “groot boom” vasgekeer toe hulle omstreeks 17:00 op die toneel aangekom het.

Dit lyk asof die boom deur die hewige stormweer ontwortel is en toe omgeval het.

Volgens Vermaak moes hul paramedici verskeie tipes toerusting en gereedskap gebruik om die man te bevry.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê dit het onder meer ’n kettingsaag ingesluit.

Die beseerde man is vir veelvuldige frakture en ander beserings behandel. Hy is op die toneel gestabiliseer en per ambulans na die Helen Joseph-hospitaal geneem.

Lees ook: Gautengers gemaan oor swaar reën

Die ongelukstoneel.Foto: Netcare 911
Die boom is vermoedelik deur ’n sterk storm ontwortel.Foto: Netcare 911
Meer oor:  Randburg  |  Johannesburg  |  Boom  |  Besering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.