Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man geloof wat leraar uit see red
Een van die reddingsbote van die NSRI. Foto: Verskaf

Die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) het Sondag ’n man van Kleinmond geloof nadat hy gehelp het om ’n bejaarde man uit die see te red.

Die bejaarde, ’n dominee van Johannesburg, het Donderdag net voor 12:00 in die moeilikheid beland tussen die branders by Kleinmond se hoofstrand.

“ ’n Plaaslike inwoner, Marius Crowther, het ’n pienk reddingsboei wat op die strand was gegryp en die man te hulp gesnel,” sê Schalk Boonzaaier, die stasiebevelvoerder van die NSRI in Kleinmond, Sondag in ’n verklaring.

“NSRI-swemmers is ook dadelik in verband met die voorval gekontak en het gehelp met die reddingspoging.

Met ’n soortgelyke pienk reddingsboei as dié op die foto is ’n man Donderdag uit ’n seestroom by Kleinmond gered. Foto: Instagram

“Crowther was besig met ’n oggend-drafsessie toe hy die man tussen die branders sien sukkel het. Crowther het daarin geslaag om die man uit die stroom te help en het hom veilig aan wal gekry,” sê Boonzaaier.

Niemand is in die voorval beseer nie.

In ’n ander, onverwante voorval het die NSRI Port Elizabeth Saterdag gehelp om ’n 61-jarige man veilig aan wal te bring na hulle in kennis gestel is dat hy vermoedelik ’n beroerte gehad het aan boord van sy vissersboot.

“Die reddingsboot JLK Rescuer is uitgestuur om te help, met onder andere ’n paramedikus van die Oos-kaap se nooddienste aan boord. Die twee bote het by mekaar uitgekom en die paramedikus en ’n NSRI-swemmer het die man te hulp gesnel,” sê Ian Gray, NSRI-bevelvoerder in Port Elizabeth Sondag in ’n verklaring.

“Die persoon was in ’n kritieke toestand en noodbehandeling is dadelik op die boot op hom toegepas.”

Die man is in die sorg van paramedici per ambulans na die hospitaal geneem.”

Meer oor:  Nsri  |  Marius Crowther  |  Kleinmond  |  Leraar Gered Uit See  |  See-Redding  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.