Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man gered wat langs skip vasgekeer was

’n Man (55) wat in ’n harnas tussen ’n skip en die see vasgekeer was nadat die steierwerk waarop hy was, ineengestort het, is Vrydag deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Kaapstad gered.

Pat van Eyssen, NSRI-stuurman in beheer van Tafelbaai, sê hulle het omstreeks 15:55 by die Transnet-hawe aangekom.

“Ons het berigte ontvang dat steierwerk by ’n skip, wat in die Duncan-dokke herstel word, in die see gestort het. ’n Man in ’n harnas met ’n tou daaraan is tussen die skip se dekke en die water vasgekeer.

’n Man is gered nadat hy tussen ’n skip en die water in ’n harnas gehang het ná die steierwerk waarop hy was, ineengestort het. Foto: Verskaf

“ ’n Sleepboot van Transnet het ondersoek ingestel en ons daar ontmoet. Ons vaartuig Spirit of Vodacom en nog ’n vaartuig met lede van die Wes-Kaapse nooddienste, Kaapstad se nooddienste, gemeenskaps-nooddienswerkers, ER24 en Kaapstad se wetstoepassers was op die toneel.

“Toe ons daar aankom, het die man in die ineengestorte steierwerk aan sy harnas gehang tussen die skip en die water. Die tou was aan die dek vasgemaak.

“Die reddingstuig is onder hom geposisioneer en in ’n hoogs tegniese reddingspoging is die man op die dek van die reddingsvaartuig laat sak. Hy is na die kant gebring waar paramedici na hom omgesien het.

“Hy is na die hospitaal gebring waar hy in ’n bestendige toestand is.”

Meer oor:  Redding  |  Nsri
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.