Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man herstel ‘vinnig’ ná kobrabyt
'n Wip-neus kobra. Foto ter illustrasie.
'n Wip-neus kobra. Foto ter illustrasie.

Minder as twee weke nadat ’n wipneus-kobra ’n man gepik het, was hy reeds weer op die been en terug by die werk.

Die toestand van die 35-jarige man, wie se identiteit onbekend is, was in ’n stadium kritiek nadat hy op 6 Januarie in die vroeë oggendure gepik is.

Hy werk by ’n lodge in Kameeldrift, noordoos van Pretoria.

Shawn Herbst, woordvoerder van die Netcare 911-nooddiens, het gesê die man het ná werk teruggekeer na sy woonplek, wat nie by die lodge is nie.

“Dit blyk dat die slang hom in die regterknie gepik het toe hy in sy bed geklim het. Hy het glo gegil en buiten toe gehardloop waar ander mense hom te hulp gesnel het.”

Die nooddiens is omstreeks 01:55 ontbied en die man is na die lodge geneem, wat glo vinniger deur die ambulans bereik kon word. Intussen het mense sy slaapkamer ingegaan en die slang, wat volgens slangkenners ’n jong wipneus-kobra was, op die vloer gevind en met ’n graaf doodgeslaan.

“Die pasiënt was in ’n baie ernstige toestand en het reeds tekens van sitotoksiese vergiftiging getoon toe noodpersoneel op die toneel aankom,” het Herbst gesê.

Die man moes kunsmatig geventileer word om hom te help asemhaal. Hy is daarna opgeneem in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria, wat volgens slangkenners een van die beste slangbyt-afdelings het.

Die dooie slang is saamgeneem vir identifikasie sodat die man die korrekte teengif in die hospitaal toegedien kon word.

Sy toestand was teen die Dinsdagaand steeds kritiek, maar stabiel.

Sy werkgewer het gesê hy is enkele dae later ontslaan en het teruggekeer na sy huis.

“En nou is hy alweer terug by die werk, met geen nagevolge van die byt nie,” het hy gesê.

Nico Engels, ’n slangvanger en -kenner, het vroeër gesê volgens die foto was dit nog ’n jong slang.

Hy het gesê wipneus-kobras is nie aggressief nie, behalwe as hulle vasgekeer en/of bedreig voel. Hul gif bestaan uit ’n sterk sito- en neurotoksiese mengsel.

“Die hoofbestanddeel in hul gifmengsel is neurotoksies, wat die senuweestelsel en asemhaling aantas. Die sitotoksiese deel veroorsaak weefselskade en swelling.”

Indien ’n slagoffer nie behandeling ontvang nie, kan die byt noodlottig wees, het André du Preez, ook ’n slangvanger en -kenner, gesê.

Meer oor:  Wipneus-Kobra  |  Kobra  |  Slangbyt  |  Slang
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.