Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man in ongeluk dood; polisie vra hulp

Die polisie in Port Elizabeth vra hulp met die identifisering van ’n man wat dood is toe sy motor en ’n polisievoertuig reg van voor teen mekaar gebots het.

Die ongeluk het Maandag omstreeks 06:30 op die R335, ook bekend as die Monument-kruising, in Motherwell gebeur.

Die wrak van die polisievoertuig Maandag ná die noodlottige ongeluk op die R335 in Port Elizabeth. Foto: Facebook

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer dat ’n polisiesersant van KwaZakhele met die polisievoertuig na regs op die R335 gedraai en toe teen ’n silwer Tata Indica gebots het.

Die bestuurder van die Tata is op die toneel dood verklaar.

Die polisiesersant is in die hospitaal opgeneem.

Janse van Rensburg sê enigeen wat moontlik kan help om die oorledene te identifiseer, kan die Swartkops-polisiekantoor by 071 606 3360 bel.

Die bestuurder van dié Tata Indica is op die toneel dood. Foto: Facebook
Meer oor:  Motherwell  |  Port Elizabeth  |  Polisie-Ondersoek  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.