Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man is ‘dood soos hy geleef het’ – toe hy iemand help

Haar seun was sy lewe lank iemand wat ’n ander mens in nood sou help sonder om te skroom. Hy is dood soos hy geleef het.

Keenan Hendricks
Keenan Hendricks

So het ’n hartseer Catherine Hendricks (56), Donderdag gesê van haar seun Keenan Hendricks (31), van Colorado Park, Mitchells Plain, wat Woensdag in die see verdrink het.

Hy het by die Wolfgat-natuurreservaat buite Mitchells Plain saam met ’n vriend ’n 13-jarige gestremde meisie uit die onstuimige see aan die Valsbaai-kus probeer red.

Hy was saam met ’n paar vriende by die natuurreservaat toe hulle sien die kind is in die moeilikheid.

“Ek hoor die meisie is gered. Ek hoop dit gaan goed met haar in die hospitaal,” sê Catherine.

“Ons vermoed woeste seestrome het Keenan vasgevang.

“Hy is dood soos hy geleef het. Hy wou altyd net help en gee. Hy het alles vir ander mense gedoen. Ek is so dankbaar dat hy op so ’n eerbare manier gesterf het.”

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, sê die meisie het omstreeks 16:30 in vlak water gespeel toe sy dieper die see ingetrek is. Die twee mans is die see in om haar te gaan help.

Menseredders het die NSRI ontbied en die drie is uit die see gered. Noodbehandeling is toegepas, maar vir Keenan was dit te laat. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die meisie en die ander man is na ’n nabygeleë hospitaal gebring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.