Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man jaag ‘want hy wil van demone wegkom’

’n Man (24), wat glo geglo het demone jaag hom, is Vrydag ná ’n hoëspoed-jaagtog van bykans ’n halfuur lank in die middedorp van Brakpan in Gauteng aangekeer.

“Ons het ’n oproep van die man se broer gekry om te sê daar is ’n probleem,” sê Wilfred Kgasago, hoofsuperintendent en woordvoerder vir die metropolisie in Ekurhuleni. “Die man het roekeloos bestuur en toe ons lede hom probeer voorkeer, het die jaagtog omstreeks 10:00 die oggend op die N17-oos begin.”

Die man het as rede vir sy jaagtog aangevoer dat demone hom wil vang.

Die man het ’n grys Nissan Almera bestuur en het volgens Kgasago sy eie en ander motoriste se lewe in gevaar gestel. Hy het ná ’n rukkie die snelweg verlaat en die jaagtog is daarna in die Brakpan-middedorp voortgesit. Die metropolisie het op verskeie plekke padblokkades opgestel om die verdagte te probeer voorkeer, maar hy het hulle telkens ontwyk.

“Ons metropolisielede het gewag totdat die man stadiger ry en toe twee van sy motor se bande stukkend geskiet om hom tot stilstand te dwing,” sê Kgasago. “Die man het as rede vir sy jaagtog aangevoer dat demone hom wil vang. Hy het gesê hy is nie bang om te sterf nie en hy gee nie om of die demone hom doodmaak en of hy in die jaagtog omkom nie.”

Behalwe vir die skade aan die verdagte se motor is daar geen skade aan enige ander eiendom veroorsaak nie.

Die man is vir drank en dwelms getoets, maar die uitslag van die toetse is nog nie bekend nie. Kgasago sê die man sal waarskynlik eers sielkundige toetse ondergaan voordat hy in die hof verskyn.

Meer oor:  Brakpan  |  Polisie  |  Demone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.