Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man klou vir sy lewe aan rots voor redding op Tafelberg
Tafelberg vanaf Leeukop af gesien. Foto: Argief

’n 47-jarige Duitse toeris is Woensdag omstreeks 14:30 gered nadat hy op Tafelberg sowat 25 meter ver geval het en toe vir sy lewe aan ’n rots vasgeklou het.

Die stapper se vriend het hulp ontbied nadat sy stapmaat aan die voorkant van Tafelberg, bokant Devil’s Peak, geval het.

Wilderness-soek-en-redding (WSAR) het die man gered en hy is daarna met ’n weermag-helikopter na die hospitaal gebring.

WSAR sê die gedeelte van die berg waar die Duitser geval het, het steil hellings en roetes wat toue en veiligheidstoerusting verg.

Volgens die verklaring het die twee probeer om langs ’n “minder gebruikte” roete teen Tafelberg op te klim, toe die terrein vir hulle te uitdagend raak. Toe hulle terugdraai om op hul spore te probeer terugstap, het een van hulle gegly en sowat 25 meter ver val.

“Hy het op ’n smal rand teen ’n enkele boom te lande gekom wat gekeer het dat hy oor die rand val. Dit het hom beslis van baie erger beserings, of erger, gered,” lui die verklaring van WSAR.

Reddingswerkers kon weens sterk wind aanvanklik nie ’n helikopter of die kabelkar gebruik om die Duitser te help nie. Hulle het tot by hom geklim en hom op ’n draagbaar gelaai voordat ’n helikopter hom opgepik het.

Reddingswerkers het die stapmaat van die beseerde toeris na veiligheid gebring.

“Ons wens die man ’n spoedige herstel toe,” het WSAR gesê.

Meer oor:  Tafelberg  |  Redding  |  Bergredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.