Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man, koei dood in ongeluk

'n Man is dood en twee mans is beseer toe die afleweringsvoertuig waarin hulle gery het, Dinsdagaand teen 'n koei vasgery het op die Kliprivierpad in Midvaal, Gauteng.

Shawn Herbst, Netcare911-woordvoerder, sê paramedici is omstreeks 20:00 na die toneel ontbied.

Die paramedici het die drie insittendes wat in die voertuig vasgekeer was, ondersoek, waarna die brandweer meganiese toerusting gebruik het om die drie mans uit die voertuig te bevry.

"Een van die insittendes is op die toneel dood verklaar, terwyl die ander twee in 'n kritieke toestand was."

Die twee beseerdes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle hospitaal toe geneem is.

Herbst sê die koei is ook dood op die toneel aangetref. 

Meer oor:  Netcare911  |  Midvaal  |  Gauteng  |  Beseer  |  Voertuig  |  Dood  |  Vasgekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.