Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man kom af op ouers se lyke in Brackenfell

Die seun van ’n egpaar van Brackenfell het Woensdag op hul bebloede lyke afgekom toe hy vroegoggend by hul huis aangekom het om sy gereedskap te kry.

“Dit is iets waarop jy jouself nooit kan voorberei nie,” het ’n erg getraumatiseerde Izak Nieuwoudt (33) aan Netwerk24 gesê. Hy het omstreeks 07:00 op die lyke van Izak en Gertruide Nieuwoudt, albei 62, afgekom.

Die egpaar het ook twee dogters, Marlise Snyman en Carla de Kok.

“Ek vermoed my pa het my ma geskiet en toe homself. Hulle was baie jare getroud. Ek kan nie glo wat gebeur het nie,” het Nieuwoudt gesê.

“My pa se haelgeweer, wat hy al jare besit, is op die toneel gevind. My ma was in die slaapkamer en my pa in die gang. Ons sou nog die naweek saam Langebaan toe gegaan het.”

Toe ek gister hul huis verlaat het, het ek nog ouers gehad. Nou is hulle nie meer daar nie. Ek word volgende Dinsdag 34 jaar oud. Hoe gaan ek dit vier?

Nieuwoudt is ’n loodgieter en gaan haal elke oggend sy gereedskap by sy ouers se huis in Amanda-straat. Hy het dadelik die polisie ontbied.

“Toe ek gister hul huis verlaat het, het ek nog ouers gehad. Nou is hulle nie meer daar nie. Ek word volgende Dinsdag 34 jaar oud. Hoe gaan ek dit vier?”

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê dat dossiere vir ’n moordsaak en ’n geregtelike ondersoek geopen is.

“Niks word uit die huis vermis nie en daar is geen tekens van ’n inbraak nie,” het Van Wyk gesê.

Volgens Kobus Kotze, woordvoerder by Titanium Securitas, ’n sekerheids-en-nooddienstemaatskappy, het die lyke van die egpaar albei op hul mae gelê. “Daar was oral bloed.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.