Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man kritiek ná toeval op vlieërplank
’n Man het Donderdagoggend sy bewussyn verloor terwyl hy op sy vlieërplank in die see was. Foto: ER24

’n Man wat sy bewussyn verloor het terwyl hy in die see by Tableview op sy vlieërplank gery het, is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

’n Ander vlieërplankryer het gesien hy val in die water en het hom na die strand geneem.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die man, wat glo in sy sestigs is, het op die strand gelê toe paramedici omstreeks 11:00 op die toneel aankom.

“Hy is dadelik behandel en na die Milnerton MediClinic geneem.”

Meer oor:  Kritieke Toestand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.