Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man kritiek ná vragmotors bots

Die N3-Noord-hoofweg in Johannesburg is Maandagmiddag gesluit ná ’n ongeluk tussen drie vragmotors, waarin ’n man kritiek beseer is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê noodwerkers het die erg beseerde man met gespesialiseerde toerusting uit een van die vragmotors bevry.

Volgens Meiring het een van die vragmotors, ’n brandstoftenkwa, ná die ongeluk in vlamme uitgebars. “Brandbestryders het die vlamme geblus. Al die bane van die N3-Noord naby die Van Buuren-afrit is gesluit,” sê hy.

“Drie vragmotors, twee grotes en ’n kleiner een, het gebots. Paramedici is net ná 17:00 na die ongelukstoneel ontbied. ’n Man in sy 30’s is met gespesialiseerde toerusting uit die wrak van die kleiner vragmotor gehaal,” sê Meiring.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het paramedici hom op die toneel gestabiliseer voordat hy met ’n lugambulans na ’n hospitaal geneem is.

“Die man was in ’n kritieke toestand. Hoewel die brandstoftenkwa in vlamme uitgebars het, het dit nie ontplof nie. Die owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk,” sê Herbst.

Die ongelukstoneel op die N3-Noord-hoofweg in Johannesburg. Foto: ER24
’n Man in sy 30’s is ernstig beseer en met ‘n lugambulans na ’n hospitaal vervoer. Foto: ER24
Die brandstoftenkwa (voor) en twee ander vragmotors was Maandagmiddag in ’n botsing op die N3-Noord in Johannesburg betrokke. oto: Netcare 911
Hoewel dit vlamgevat het, het die brandstoftenkwa nie ontplof nie. Foto: Netcare 911
Meer oor:  Johannesburg  |  Vragmotor  |  Botsing  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.