Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man kritiek nadat trein hom tref

’n Man is in ’n kritieke toestand nadat hy Saterdagaand deur ’n trein naby die Payneville-treinstasie in Bakerton, Springs, getref is.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 21:45 op die toneel aangekom waar die man steeds onder die trein vasgevang was.

“Hy was in ’n kritieke toestand en het verskeie beserings opgedoen. Paramedici het daarin geslaag om die man, wat onder die trein vasgevang was, te bevry. Hy is na die Tambo-gedenkhospitaal gehaas vir verdere behandeling.”

Vermaak sê volgens omstanders het die man probeer om die spoorlyn oor te steek toe hy deur die trein getref is.

Meer oor:  Werner Vermaak  |  Springs  |  Trein  |  Treinbotsing  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.