Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man met 39 boetes spaander toe beamptes hom voorkeer

’n Minibustaxibestuurder het Donderdag in Belhar, Kaapstad, in ’n ander taxi probeer vlug toe verkeersbeamptes hom weens 39 uitstaande boetes in hegtenis wou neem.

Die 31-jarige man van Kraaifontein het boetes van R112 050.

Richard Coleman, woordvoerder van die Kaapstad-verkeersafdeling, sê die taxibestuurder is voorgekeer omdat hy in Symphony-weg stilgehou en die verkeer ontwrig het.

Toe die bestuurder besef hy gaan in hegtenis geneem word, het hy weggehardloop en in die ander taxi wat in die rigting van Bellville onderweg was, gespring.

Die verkeersbeamptes het die taxi agternagesit en dit tot stilstand gedwing.

Die man het weer gevlug, maar beamptes het hom voor die hoofhek van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie aangekeer.

“Die taxi waarin die man gespring het, was net op die regte tyd op die regte plek,” het Coleman gesê.

Die taxibestuurder het in verband met uitstaande lasbriewe in die munisipale hof in Parow verskyn.

Dit is nie seker of hy in aanhouding bly en of hy om borgtog aansoek gedoen het nie, sê Coleman.

Meer oor:  Belhar  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Verkeersboetes  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.