Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man onthul: ‘Ek was een van hierdie seuns’

“Ek gaan vir altyd Magnus Malan se duur reukweerder onthou. Dit sit aan my lyf. Dit het tóé. Ook nóú.”

Só het mnr. X (44), een van die vermeende slagoffers van die pedofiel-netwerk waarvan Magnus Malan, voormalige minister van verdediging, John Wiley, oudminister van omgewingsake, en Dave Allen, ’n duiker en sakeman van Port Elizabeth, glo deel was gister in ’n Oos-Kaapse stad gesê.

Mnr. X, die man wat beseer hy is een van die bruin seuns wat destyds deur ministers verkrag is. Hy wou nie sy naam bekend maak nie, daarom is sy gesig op die foto onherkenbaar gemaak. Foto: Foto: Lulama Zenzile

Mnr. X se onthulling volg op die verskyning van die opspraakwekkende boek Die seuns van Bird Island deur Mark Minnie en Chris Steyn.

Malan se familie het by monde van hul woordvoerder, genl.maj. (aft.) Gert Opperman, destydse kollega van Malan, gesê die familie is “geweldig ontsteld” en geskok oor die bewerings in die boek. Hy wou nie sê of die familie verdere stappe oorweeg nie.

’n Oudminister wie se naam nie in die boek genoem word nie, het by vraag gesê die bewerings is “absurd”, maar dat die kommentaar wat daarop gevolg het “sodanige afmetings aangeneem het dat dit nie daar gelaat kan word nie”. Sy regsadviseur gee aandag aan die saak.

Kabinets- en ander kollegas van Malan het die bewerings verwerp. Pik Botha, oudminister van buitelandse sake, het dit as “loutere kaf” beskryf.

Mnr. X, ’n getroude man en pa van twee kinders, het gesê hy wroeg al langer as 30 jaar oor dit wat met hom gebeur het.

“Ek het geworstel met my manlikheid, met my seksualiteit en het gay mans wat ek geken het, gevra hoe het hulle so geword,” vertel mnr. X. “Baie het gesê hulle is as kind gemolesteer. Maar ek het geweet dit is nie wie ek is nie.

“Ek was rebels. Ek het skool opgegee. Ek het skelm begin dagga rook. Ek het ’n probleem met gay mans ontwikkel.”

Tot vandag toe kan hy nie ouer wit mans hanteer nie.

Ons sit in ’n sitkamer in ’n restaurant. Hy is ’n aantreklike, goedversorgde man. Welsprekend.

Mnr. X het Die Burger gekontak nadat daar op sosiale media gevra is dat slagoffers van die vermeende pedofielnetwerk van hulle moet laat hoor.

Mnr. X sê hy het eers gewonder of dit die regte ding sal wees om na vore te kom. “Niemand, niémand weet hiervan nie. Nie my ouers nie, nie my broers of susters of my vrou en kinders nie.” Maar hy het tot die besef gekom hy kan nie langer stilbly nie. Hy moet met iemand praat.

Hy kyk jou reguit in die oë wanneer hy met jou praat. Hy haal sy sonbril af. Sit dit op die tafeltjie langs die bruin leerbank waarop hy sit.

Hy vryf aanhoudend met sy hande oor sy gesig en begin sy storie vertel.

Hy was 13 toe hy een aand in middel-1987 deur ’n groep wit mans naby die City Snack Pool Den in Noordeinde, Port Elizabeth, “ontvoer” is. Hulle het in ’n blou Volkswagen-Kombi gery. Die Kombi het hy in latere jare toe hy by die weermag aangesluit het by die weermagbasis in Port Elizabeth herken, sê hy.

“Daai blou Kombi met sy gordyntjies was in die vervoerparkering geparkeer. Dit het aan (militêre) intelligensie behoort. Slegs hul voertuie het daar gestaan.”

Mnr. X het nog nooit voorheen met enige mens oor sy beweerde verkragting aan die hande van Malan en minstens nog een ander man gepraat nie.

Ek het geweet daar was nog seuns wat hulle verkrag het, ek het net nie geweet hoe baie en dat hulle op Bird Island ook doenig was nie.

Hy het Sondag gehoor van die boek Die seuns van Bird Island, maar het dit nog nie gelees nie.

“Ek het geweet daar was nog seuns wat hulle verkrag het, ek het net nie geweet hoe baie en dat hulle op Bird Island ook doenig was nie,” vertel mnr. X.

Sy verkragting en dié van minstens nog drie ander jong bruin seuns dieselfde naweek was volgens hom in ’n huis in die Tsitsikamma-gebied. Daar was volgens hom ander seuns ook, maar hulle het gemaklik in die mans se geselskap gelyk.

“Ek en ’n vriend was die betrokke Vrydagaand by die speletjies-arkade by City Snacks. Ons was eintlik veronderstel om na Gelvandale, ’n destydse bruin woonbuurt van Port Elizabeth, te gaan, maar omdat ons laat was en daar teen daardie tyd niks meer vir ons sou wees om te doen in Gelvandale nie, het ons toe maar die bus stad toe gevat.”

Hy het gesê hulle het die hele aand speletjies gespeel en lekker met ander kinders daar gekuier.

Dit was terwyl hulle op pad na die huis van sy vriend se suster, so 4 km van die speletjiesplek was, dat hy en sy vriend besef het daar is ’n voertuig wat hulle agtervolg. Dit was die blou Kombi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.