Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man ‘oortuig’ Zille het mikroskyfie in sy brein geplant

Aantygings dat sy glo ’n mikroskyfie in ’n man se brein geplant het, het ’n punt bereik dat mense haar selfs bel met vrae, het Helen Zille, voorsitter van die DA federale raad, Maandag gesê.

Zille, voormalige premier van die Wes-Kaap, het op Facebook geskryf dat die getal oproepe wat sy ontvang begin “indringend” raak.

“Die hartseerste, vreemdste ding gaan aan en ek is nie seker hoe om dit te hanteer nie. Daar is ’n jong man iewers wat regtig oortuig is dat ek ’n mikroskyfie in sy brein ingeplant het.”

Sy het Maandag by navraag gesê dat sy al van einde verlede jaar of vroeg vanjaar al van die aantygings in kennis gestel is, maar nou besluit het om haar tot sosiale media te wend.

Die man het glo haar nommer ook op sosiale media geplaas en mense aangemoedig om haar te bel.

Volgens Zille het die man ’n “aansienlike gevolg” op sosiale media gebou van mense wat glo die aantygings is waar.

Sy het in die plasing vroegmiddag gesê sy het reeds vier oproepe die oggend ontvang van mense wat vra waarom sy die mikroskyfie ingeplant het en “wat ek daaraan gaan doen”.

The saddest, weirdest thing is happening and I am not quite sure how to deal with it. There is a young man somewhere...

Posted by Helen Zille on Monday, 22 February 2021

“Ek verduidelik dat ek nie ’n mikroskyfie in enigiemand se brein geplant het nie, dat ek nie onthou dat ek ooit die man ontmoet het nie. Die mense wat bel dring dan aan dit is my verantwoordelikheid om hom te help om die mikroskyfie te verwyder.”

Zille sê dié mense voer aan die man het ’n X-straalfoto wat bewys die mikroskyfie is daar en glo dat sy “op een of ander wyse in samewerking met Elon Musk” die skyfie daar geplaas het.

“Die mense wat bel, wat werklik bekommerd klink, glo dat ek ‘as die leier in Kaapstad’ (soos een gesê het) verplig is om die mikroskyfie uit te kry of in hegtenis geneem kan word.”

Luidens die plasing het die vierde persoon wat Zille gebel het, ook gesê ander mense is betrokke met die inplant van mikroskyfies, onder meer die president.

“Dit is nogal verbasend hoeveel trekkrag dit op sosiale media het, tot die punt waar mense opgesweep genoeg raak om my te bel en te eis dat ek iets moet doen.”

Zille het gesê as sy geweet het wie die man is, sy hou hom na mediese hulp verwys.

Sy het ook bevraagteken waarom sy om hulp genader word as daar vermoed word dat sy “iets so gruwelik aan hom gedoen het”.

“Dit is baie vreemd en die aantal oproepe wat ek ontvang raak indringend. Een van die byprodukte van die internet. Samesweringsteorieë en waansin floreer.”

Meer oor:  Helen Zille  |  Mikroskyfie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.