Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man ry sy kanniedood-bakkie al 30 jaar

’n Man van Karatara naby Knysna ry reeds die afgelope 30 jaar met dieselfde kanniedood-bakkie.

Bevan Robertson (78) sê hy het dié rooi Nissan-bakkie destyds in Mosselbaai gekoop.

“Die bakkie se kilometerlesing is baie laag, want dit was nie my enigste bakkie nie. Ek het ’n paar bakkies gehad.”

Bevan Robertson by Marélim, Eastbrook, in die Knysna-distrik by sy Nissan-bakkie.

Robertson was onlangs weer in Mosselbaai by dieselfde handelaar om te kyk of die verkoopsman wat destyds die bakkie aan hom verkoop het, nog daar is.

“Hy was nie,” sê Robertson. “Daar was net twee manne wat nie van hier is nie.”

Volgens Robertson, ’n oudleerling van die Hoërskool Outeniqua in George, het die bakkie hom al baie goeie diens oor die jare heen gegee. Die bakkie is al gebruik vir ’n besoek aan die Kango-grotte in Oudtshoorn, om skoolkinders na plekke soos Despatch in die Oos-Kaap te vervoer en ook om mense te leer bestuur wat vandag agter die stuur inskuif van vragmotors wat hout vervoer.

Volgens hom word die bakkie nog gereeld gebruik. Met sy relings is die bakkie baie veelsydig en kom goed te pas as Robertson byvoorbeeld op ’n leer moet klim.

“Die bakkie ry nog goed. Ek kan nie kla nie, ek is baie tevrede,” sê hy.

Robertson het in 1997 ophou boer.

Meer oor:  Bevan Robertson  |  Karatara  |  Bakkie  |  Handelaar  |  Kanniedood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.