Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man ry vrou glo raak, verkrag haar

Die 31-jarige man wat glo ’n vrou in Ekurhuleni verkrag het nadat hy haar raakgery het, is Donderdag hangend die polisieondersoek vrygelaat.

“Die saak was nie op die rol van die landdroshof in Kempton Park nie, so die saak is onbepaald uitgestel,” sê hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisiediens (EMPD).

Die man word van verkragting aangekla.

“Die verdagte is intussen vrygelaat, omdat ons oor al sy persoonlike besonderhede beskik.

“Hy sal weer in die hof verskyn sodra daar goeie vordering in die ondersoek gemaak is.”

Die GTI was op die perseel geparkeer en die slagoffer het die verdagte geïdentifiseer.

Luidens Kgasago se mediaverklaring het ’n swart Volkswagen Golf GTI sowat twee weke gelede in Kempton Park in ’n voetganger vasgery.

“Die bestuurder sou die slagoffer, wat geringe beserings opgedoen het, na bewering na die Arwyp-hospitaal neem, maar pleks daarvan het hy die vrou na ’n oop veld naby die Dries Niemandt-stadion geneem en haar verkrag,” lui die verklaring.

Die verdagte het die slagoffer hierna na sy woonstel by Klipfontein View in Midrand geneem, waar hy die 30-jarige slagoffer weer verkrag het.

Die slagoffer het die EMPD daarna na dié woonstel geneem.

Die verdagte was die eerste keer nie daar nie en hulle het die woonstel verlede Woensdag vir ’n tweede keer besoek.

“Die GTI was op die perseel geparkeer en die slagoffer het die verdagte geïdentifiseer.”

Meer oor:  Ekurhuleni  |  Misdaad  |  Verkragting  |  Raakgery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.