Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man sê hy het nie verkeersman geslaan
Paul Theron wys sy beserings wat hy opgedoen het in ’n bakleiery met Kenneth Fency, ’n eienaar van ’n insleepdiens.

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ’n verkeersbeampte pimpel en pers gemoker het, sê hy het nie sy hande vir die padvalk gelig nie.

Die onderonsie tussen Paul Theron, die verkeerslid, en Kenneth Fency, eienaar van ’n insleepdiens op Bothaville, het verlede Donderdagoggend by die Oranje Toyota-handelaar op Bothaville plaasgevind.

“Die kneusplekke aan sy (Theron se) gesig en gebreekte tande is opgedoen toe hy sy gesig in ons worsteling teen my bakkie gestamp het,” sê Fency.

Albei mans ontken hulle het die ander een bygedam.

Theron, ’n provinsiale inspekteur van die provinsiale verkeersdepartement op Odendaalsrus, moes ’n munisipale voertuig gaan konfiskeer wat misbruik word.

Fency het blykbaar beduie die Toyota Hilux is sy eiendom en dat Theron die verkeerde mens beet het.

Hy het geweier om sy sleutels aan Theron te gee.

Die vonke het gespat toe Theron hom in hegtenis wou neem.

Volgens Theron het Fency hom nie met die vuis geslaan soos vroeër berig is nie, maar met die oop hand geklap. “Hy het my met mening geklap en dis hoe my opgeswelde oog, stukkende tande en kneusplekke aan my gesig opgedoen is. Ek het nie teruggeslaan nie. Hy het my God en my departement gevloek.”

Fency ontken hy is vir Theron se beserings verantwoordelik.

Ek het hom gevra: ‘Wat is jou probleem? Dis my bakkie, ons kan die polisie maar laat kom.’ Hy het sy beserings self opgedoen. Ek het hom nie geslaan nie.

“Ek het hom gevra: ‘Wat is jou probleem? Dis my bakkie, ons kan die polisie maar laat kom.’ Hy het sy beserings self opgedoen. Ek het hom nie geslaan nie.”

Fency sê hy het geringe beserings opgedoen.

Wilheminah Dikoko, ’n petroljoggie by die motorhandelaar se vulstasie wat gesien wat gebeur het, sê dit was beslis Theron wat die eerste hou ingekry het.

Volgens Theron is ’n brandweerbeampte op die dorp aangewys om hom tot by Fency te lei, wat ’n munisipale voertuig glo misbruik het.

Pieter Watkins, senior munisipale verkeersbeampte van die Nala-munisipaliteit in Wesselsbron, wat die opdrag aan Theron gegee het, het nie sy selfoon beantwoord om te verduidelik hoe Theron by die verkeerde mens uitgekom het nie.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, ’n polisiewoordvoerder, het albei mans klagte van aanranding by die polisie aanhangig gemaak.

Theron se klag is aanranding met die opset om ernstig te beseer. Volgens Thakeng word die saak nog ondersoek.

Meer oor:  Hof  |  Paul Theron  |  Bothaville  |  Verkeersman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.