Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man se lyk gevind nadat vloed hom meesleur
Bheki Lusenga se lyk is gevind bykans ’n week nadat hy en sy vriendin in sy voertuig deur vloedwater meegesleur is.Foto: Verskaf

Bheki Lusenga, wat verlede Maandagaand in sy voertuig in vloedwater in KwaZulu-Natal meegesleur is, se lyk is vyf dae later gevind.

Sy lyk is Saterdag gekry ’n ent af in die rivier waar die voertuig reeds verlede week Dinsdag gevind is. Die voertuig het teen rotse in ’n rivier by die Tshelimnyama-woonbuurt by Marianhill in die Pinetown-omgewing vasgesteek. Dié rivier loop na die see.

Lusenga se vriendin, Buhle Mdletshe, wat saam met hom in die voertuig was, se lyk is Vrydag in die Durbanse hawe gevind. Dit is sowat 30 km van waar die voertuig meegesleur is.

Meer as 80 mense is tot die naweek in die vloede weens swaar reën in KwaZulu-Natal dood.

Buhle Mdletshe se lyk is Vrydag in die Durbanse hawe gevind, sowat 30 km van waar sy en Bheki Lusenga Maandag in sy voertuig meegesleur is.Foto: Verskaf

Zinhle Ngubo, ’n inwoner van Tshelimnyama, sê die gemeenskap is in rou oor Mdletshe, wat hier gewoon het, en Lusenga, van die Oos-Kaap, se dood. “Ons kry swaar omdat ons geliefdes verloor het,” het Ngubo gesê nadat Mdletshe gevind is. “Sommiges is nog weg, ons pleit steeds om bystand van die regering. Die vloede het ook ons paaie en huise vernietig.”

Lusenga het glo ’n kollega vanuit sy voertuig gebel en hulp gevra nadat hy en Mdletshe Maandag meegesleur is, maar dis nie seker of hulp dadelik ontbied is nie. Ngubo en ander inwoners was rasend van bekommernis terwyl die nooddienste aanvanklik Dinsdag nie daarin kon slaag om die voertuig te vind nie. ’n Inwoner het dit later gesien waar dit ’n ent van waar dit meegesleur is, teen rotse by ’n brug vasgesteek het.

Die nooddienste kon egter nie dadelik die voertuig uithaal nie omdat die stroom te sterk was. Toe hulle dit Woensdag uithaal, was Mdletshe en Lusenga nie daarbinne nie.

’n Gedeelte van Bheki Lusenga se voertuig steek bo die vloedwater uit nadat dit Maandag naby Marianhill in KwaZulu-Natal meegesleur is. Foto: Zinhle Ngubo

Ngubo sê ’n brug in hul buurt het weggespoel. Hulle sukkel ook met water- en kragtoevoer, onder meer omdat waterpype gebars het.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Oorstromings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.