Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man se lyk in kar in Harties-dam gekry

’n Man se lyk is Dinsdag in ’n motor in die Hartebeespoortdam in Noordwes gekry.

Luidens ’n verklaring van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is lede van die reaksie-eenheid ontplooi nadat ’n ooggetuie die motor onder die water gesien het tussen die slangpark en die dambrug.

Ander NSRI-lede, die polisie en Hartbeespoort-nooddienste het saam met die reaksie-eenheid ondersoek ingestel.

Reddingswemmers het tot by die motor geswem en ’n veiligheidstou aan die motor vasgemaak wat ook aan ’n voertuig van ’n insleepdiens vasgemaak is.

Die swemmers het daarna weer ingeduik en kon toegang tot die motor kry en die man se lyk is na die oppervlak gebring en in ’n reddingsboot gesit.

Luidens die verklaring is dit nog onseker presies wanneer die motor in die dam beland het en is ’n geregtelike doodsondersoek by die polisie geopen.

Die Hartbeespoortdam Foto: NSRI

Meer oor:  Hartbeespoortdam  |  Nsri  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.