Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man skiet homself in parlement-gebou
Reddingsvoertuie staan buite die parlement nadat ’n personeellid van die parlement Vrydag sy eie lewe geneem het. Foto: Llewellyn Prince

Hoës in die parlement het Vrydag hul skok en hartseer uitgespreek oor die personeellid wat homself in een van die parlement se kantore om die lewe gebring het. Hy het homself glo geskiet.

Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, en Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, het Vrydagmiddag kort voor 14:00, terwyl die polisie se deskundiges nog die toneel op die tweede vloer van die Pleinstraat 90-gebou ondersoek het, gesê die parlement is besig om die oorledene se familie en naasbestaandes van sy dood in te lig.

“Die voorsittende beamptes sal hulle (die naasbestaandes) ook besoek.

“Die voorval het natuurlik trauma onder LP’s en personeel, sowel as vir die instelling in die geheel, veroorsaak.

“Die nodige ondersteuning word gereël om hulle te help om die tragedie te verwerk,” het Mbete en Modise in ’n verklaring oor die voorval gesê.

Hulle het bygevoeg dat verdere besonderhede oor die oorledene verskaf sal word sodra sy familie van sy dood in kennis gestel is.

Die voorval het plaasgevind terwyl Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, in die aangrensende Marks-gebou besig was om ’n voorlegging oor sy departement se werksaamhede voor ’n portefeuljekomitee te lewer.

Meer oor:  Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.