Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man sy werk kwyt ná ‘vals’ klag oor k-woord

AfriForum se private vervolgingseenheid het aansoek gedoen om ’n man te vervolg wat glo ’n vals klag van rassisme teen sy kollega by die polisie ingedien het.

“Ons is van voorneme om Sello Mojela privaat vir crimen injuria te vervolg nadat hy ’n voormalige kollega van hom, André Fourie, verlede jaar daarvan beskuldig het dat hy in ’n onderonsie by die werk hom die k-woord toegesnou het,” sê Chris Gouws, ’n ondersoeker by AfriForum se vervolgingseenheid.

Volgens Gouws het die voorval by CHM Plastics, ’n plastiekvervaardiger in Centurion, gebeur toe Mojela nie onmiddellik ’n probleem met een van die masjiene by die toesighouer wou aanmeld nadat Fourie hom gevra het om dit te doen nie.

In hul woordewisseling het Fourie glo vir Mojela ’n “retard” genoem. Hy het toe glo ’n amptelike grief teen Fourie by die bestuur van die maatskappy ingedien waarin hy beweer dat Fourie hom ’n “bobbejaan” genoem het.

Hy het ook later ’n klag by die polisiekantoor in Erasmia ingedien waarin hy beweer dat Fourie hom die k-woord genoem het.

Volgens Gouws is Fourie deur die bestuur van die maatskappy ingeroep en gevra om eerder te bedank of andersins aan ’n tugverhoor onderwerp te word.

“Hy het besluit om eerder te bedank en het AfriForum toe om hulp genader toe hy hoor dat daar ook intussen ’n strafregtelike klag teen hom ingedien is en die polisie hom wou arresteer,” sê Gouws.

Fourie het op AfriForum se advies ’n klag van crimen injuria by die polisie teen Mojela aanhangig gemaak.

“Die polisie het die saak ondersoek en dit na die nasionale vervolgingsgesag (NVG) verwys, wat toe geweier het om Mojela te vervolg. Ons het intussen besluit om aansoek te doen om ’n nolle prosequi-sertifikaat om hom privaat vir die vals klag van rassisme te vervolg,” sê Gouws.

Volgens Phindi Louw Mjonodwane, woordvoerder van die NVG, was daar volgens hulle nie ’n vooruitsig op suksesvolle vervolging nie.

Juan Tulian, bestuurder by CHM Plastics, wou Dinsdag nie enige kommentaar lewer nie.

“Die saak word deur ons regspan hanteer,” sê Tulian.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.