Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man val deur plafon, byna dood

’n Man is in ’n bedenklike toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy tydens bouwerk by die Fourways Mall in Johannesburg deur ’n plafon geval het.

’n Man is beseer toe hy by die Fourways Mall deur ’n plafon geval het. Uitgebreide bouwerk word tans by die sentrum gedoen.Foto: TWITTER

Russel Meiring van ER24 sê paramedici van ER24 en Life Healthcare is Vrydagmiddag omstreeks 12:30 na die sentrum ontbied waar hulle ’n man aangetref het wat op die grond gelê het.

Paramedici het die man ondersoek en gesien hy het veelvuldige beserings opgedoen en is in ’n kritieke toestand.

Meiring sê die man se lewenstekens het tydens noodbehandeling verswak en hy moes geresussiteer word.

Ná ’n ruk het die man se toestand gestabiliseer en hy is na die Life Fourways-hospitaal opgeneem.

Die Fourways Mall het in ’n verklaring op sosiale media die voorval bevestig en sê die man is ’n subkontrakteur wat deur die dak na een vlak laer geval het.

Zoé van Onselen, bemarkingshoof van die sentrum, sê daar sal onmiddellik ’n ondersoek gedoen word om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.

Die strengste veiligheidsmaatreëls geld tydens bouwerk by die sentrum, sê sentrumbestuur.

Meer oor:  Johannesburg  |  Hospitaal  |  Val  |  Bouwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.