Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man val uit boom op pallisade

’n Man is in ’n kritieke toestand nadat hy Donderdag in Valhalla, Pretoria, sowat 6 m uit ’n boom op ’n palisadeheining geval het.

Die man het Donderdagmiddag in ’n huis in dié woonbuurt se tuin gewerk toe die voorval gebeur het.

Volgens Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, was die 29-jarige man op die heining vasgepen toe die nooddienste opgedaag het.

Die Tshwane-brandweer het die man van die heining afgehaal.

Van Huyssteen sê die man het veelvuldige beserings opgedoen. Die nooddienste het hom op die toneel gestabiliseer en daarna na die hospitaal geneem.

Dit is nog onbekend wat presies gebeur het, sê sy.

Meer oor:  Pretoria  |  Boom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.