Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man van Zimbabwe verdwyn in see

’n 25-jarige Zimbabwiese man wat in Kaapstad woon, het vermis geraak in die water naby Dappat se Gat tussen Gordonsbaai en Kleinmond.

Hy het vermoedelik van rotse afgeval en toe onder die water verdwyn, sê Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).

Die voorval is Sondag skuins ná 18:00 aangemeld.

Ten spyte van ’n uitgebreide soektog deur verskeie rolspelers, is daar geen teken van die man nie.

Die soektog na hom duur voort.

Die polisie ondersoek ook die omstandighede wat tot die man se verdwyning gelei het.

Meer oor:  Gordonsbaai  |  Kleinmond  |  Verdrink  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.