Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man verdrink toe hy gestremde uit see wil red

’n Man van Mitchells Plain het Woensdagmiddag in die see by die Wolfgat-natuurreservaat in Valsbaai verdrink toe hy ’n gestremde meisie wou red.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder by die nasionale seereddingsinstituut (NSRI), het ’n 13-jarige gestremde meisie omstreeks 16:30 in die moeilikheid beland. Sy het in vlak water gespeel toe sy dieper die see ingetrek is en die man (29) wou haar uit die see help.

“ ’n Man van in die 30 het ook in die see gespring om te help, maar kon nie daarin slaag nie,” sê Lambinon. Menseredders het die NSRI na die toneel ontbied.

“Die drie mense is uit die see gehaal en noodbehandeling is dadelik toegepas.

“Die meisie en een van die mans is in ’n ernstige, maar stabiele toestand na ’n nabygeleë hospitaal geneem. Die 29-jarige man is op die toneel dood verklaar,” het Lambinon gesê.

Meer oor:  Nsri  |  Mitchell's Plain  |  Redding  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.