Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man verdrink voor vriende in plaasdam

Nog ’n familie sal ’n leë stoel om die Kerstafel hê nadat ’n 19-jarige man Sondag in ’n plaasdam naby die Paarl verdrink het ten aanskoue van sy vriende en ander mense op die wal.

Hy was een van vier vriende wat in die dorp woon en wat na die dam gekom het om met hul kano in die water te baljaar, lui ’n verklaring van die Drakenstein Plaaswag.

Philip Kahan, van ’n plaas op die Keerweerder-pad, het Sondagmiddag die nooddienste ontbied toe hy deur plaaswerkers vertel is dat iemand in die moeilikheid in die dam is.

Die man het volgens die plaaswag tot in die middel van die dam met die kano gevorder, waar dit omgeslaan en hy verdrink het. Dit het gebeur voor kinders wat ook by die dam was.

Volgens inligting kon hy nie swem nie.

Die dam waarin die 19-jarige man verdrink het. Foto: Facebook/Drakenstein Farm Watch
Lede van die plaaslike gemeenskap op die damwal nadat die man verdrink het. Foto: Facebook/Drakenstein Farm Watch
Polisielede en ander nooddienswerkers by die dam. Foto: Facebook/Drakenstein Farm Watch

“Die plaaswag se reddingspan was binne minute op pad na die plaas met behulp van die aanwysings wat Kahan gestuur het.

“Die kinders het aan die reddingspan gesê wat gebeur het en waar. Dit was toe duidelik dat geen redding moontlik is nie, want die tyd was reeds te min om die man, wat nog onderwater was, by te bring.”

Volgens inligting is daar byna twee uur gewag vir duikers om op te daag, terwyl honderde mense langs die wal gestaan het.

“’n Span duikers van die polisie het hom uit die diep kant van die dam gaan haal. Dit het ongeveer sewe minute geneem.

“Die hele gebeurtenis het ’n diep en traumatiese uitwerking op reddingspanne en die plaasgesinne,” sê die plaaswag.

“Ons wens die gesin van die jong man sterkte toe in hierdie moeilike tyd.”

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek, sê kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder.

Meer oor:  Paarl  |  Verdrink
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.