Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man verdwyn in branders by Kampsbaai

Nooddienste soek sedert Vrydagoggend na ’n man wat in die see by Kampsbaai in Kaapstad vermis geraak het. Talle verbygangers sê hulle het gesien hoe hy in die branders verdwyn. Hy het donker klere aangehad en is vermoedelik in sy 20’s of 30’s.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is om 10:00 ontbied. Die NSRI, Kaapstad se brand-en-reddingsdienste en die polisie het aan die soektog deelgeneem.

’n Hommeltuig het oor die gebied gevlieg om met die soektog te help, maar daar was geen teken van die man nie.

Die see was te onstuimig om ’n reddingsboot te gebruik.

  • Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Kampsbaai-polisiekantoor by 021 437 8140 skakel.

Meer oor:  Kampsbaai  |  Verdrink  |  Seeredding  |  Nsri
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.