Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man verloor hande, bene nadat hond hom lek

’n Man van Wisconsin in die VSA het sy hande en bene verloor nadat hy ’n lewensbedreigende bakteriese infeksie opgedoen het nadat sy hond hom gelek het.

Greg Manteufel van West Bend, Wisconsin, het verlede maand griepsimptome soos koors, braking en diarree gehad.

Die 48-jarige man het na die hospitaal gejaag toe kneusplekke oral op sy arms en bene verskyn het.

Greg Manteufel van Wisconsin op sy Harley-motorfiets.Foto: Twitter

Dokters het hom ingelig dat hy ’n bloedinfeksie het wat na al vier sy ledemate versprei het en dat hulle gevolglik al sy ledemate moet amputeer.

Bloedtoetse het getoon dat Manteufel met ’n bakteriese patogeen bekend as Capnocytophaga canimorsus besmet is. Dit kom voor in die speeksel van gesonde honde en katte, maar kan lei tot infeksie by mense wie se immuunstelsel swak is.

“Die infeksie in sy bloed het ’n baie erge manifestasie in sy liggaam gehad," sê dr. Silvia Munoz-Price, ’n spesialis in aansteeklike siektes. “Meer as 99% van mense wat honde of katte het, sal dit nooit oorkom nie.”

“Dit het hom met mening getref,” het Dawn Manteufel, sy vrou, aan Fox News gesê. “Hy het kneusplekke oor sy hele lyf gehad. Dit het gelyk asof iemand hom met ’n bofbalkolf geslaan het.”

Volgens

People was Manteufel baie lief daarvoor om op sy Harley-Davidson-motorfiets te ry, maar hy sal dit nou nooit weer kan doen nie.

’n Vriend van Manteufel het ’n GoFundMe-rekening geskep om geld vir hom in te samel. Daarop het hy ook sedert 27 Junie sy vriend se siekte en simptome beskryf.

Greg Manteufel in die hospitaal nadat sy ledemate geamputeer is.Foto: Facebook

Meer oor:  Wisconsin  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.