Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man verwurg vrou glo met veters, hang homself

Die gemeenskap van Promosa by Potchefstroom is in rou gedompel nadat die “sprankelende en vriendelike” Natalie Amier (35) se man, Carlo, haar vermoedelik die naweek met skoenveters verwurg en homself toe opgehang het.

Dolf Willemse, ’n gemeenskapsleier, het Maandag gesê dis nog onduidelik wat gebeur het. “Natalie en Carlo se families vergader Maandagaand en sal dan besluit of hulle met die media wil praat.”

Natalie en Carlo Amier.

Die egpaar het twee jong kinders.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê Natalie se familie het haar Sondagmiddag vroeg by die egpaar se huis in Promosa gaan soek.

“Toe hulle daar kom, was die deur gesluit. Die familielede het dit oopgedwing en op Natalie se lyk in ’n kamer afgekom. Daar was bloed en sy is met skoenveters verwurg. Dis nie seker wie se bloed dit is nie.”

Volgens Tselanyane het Carlo sy neef sowat ’n uur en ’n half later gebel en gevra hy moet hom by die Promosa-dam digby Promosa ontmoet. Toe die neef daar kom, het hy Carlo gekry waar hy homself met ’n gordel aan ’n boom in ’n stuk veld naby die dam opgehang het.

Tselanyane sê die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek en ondersoek ook ’n moordsaak. “Die vrou se man (Carlo) is nou die enigste verdagte.”

Natalie is vermoedelik weens verwurging dood, maar dit moet nog in ’n lykskouing bevestig word.

Charleen van Jaarsveld, bestuurder van die Jonge Akker-koffiewinkel op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus (NWU-Pukke) waar Natalie jare gewerk het, sê sy het haar Vrydag laas gesien.

“Sy was baie gewild, baie van ons klante het spesifiek gevra sy moet hulle bedien. Natalie was spontaan en vriendelik, sy het nooit probleme werk toe gebring nie.”

Van Jaarsveld sê toe sy ses jaar gelede bestuurder van die winkel geword het, was Natalie reeds ’n kelnerin daar.

Dr. Bertus le Roux, ’n sakebestuurder by die fakulteit gesondheidswetenskap aan die NWU-Pukke, sê as ’n gereelde klant by die koffiewinkel het hy Natalie goed leer ken. “Sy was die beste kelnerin wat ek nog ooit teëgekom het, baie mooi en sprankelend. Ek wou haar afrokkel vir die afdeling waar ek vroeër gewerk het, maar sy het nie matriek gehad nie.”

Eulalia Johnson skryf op Facebook Natalie “was ’n darling in Promosa. Ons harte is gebreek”.

Alta Fourie skryf “ ’n mooi, jong dame met ’n mooi gesindheid is deur die koue hand van die dood weggeruk”.

Meer oor:  Potchefstroom  |  Selfdood  |  Moord  |  Polisie-Ondersoek  |  Verwurg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.