Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man, vrou sterf in ontploffing by Caltex-raffinadery

'n Man en 'n vrou is in die vroeë oggendure van Donderdag in 'n ontploffing by die Caltex-raffinadery in Kaapstad dood.

Minstens ses mense is ook beseer, het die Wes-Kaapse polisie bekend gemaak.

Teen 11:00 was daar nog geen bevestiging van sterftes of beserings deur Astron Energy, wat die raffinadery en 850 Caltex-vulstasies landwyd besit nie.

explosion,Chevron,Refinery,02 June 2020,accident,@
Die skade aan die Caltex-raffinadery in Milnerton, Kaapstad. Foto: Gallo Images

Die raffinadery is in die Montague Gardens-nywerheidsgebied in Milnerton geleë.

Inwoners van die omgewing is egter gerusgestel dat die ontploffing in die vroeë oggendure en die brand daarna geen gesondheidsrisiko inhou nie.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê in ’n verklaring die ontploffing was aan die “produksiekant en nie aan die bergingskant nie”.

Volgens Astron Energy kan tot 100 000 vate ruolie in die raffinadery geberg word.

Die ontploffing was omstreeks 04:00, luidens ’n verklaring wat Astron Energy 08:00 uitgereik het. Geen melding is gemaak van sterftes of beserings nie.

’n Brand wat ná die ontploffing uitgebreek het, is in bedwang gebring. Die brandweer bly egter op die toneel totdat die opruimingswerk afgehandel is. Foto: Verskaf

Volgens Bredell was die Kaapstad-metroraad se brandweer-en-reddingsdiens binne minute op die toneel.

“Inligting word in hierdie stadium ingewin, maar daar is tans geen rede tot kommer oor besoedeling of ’n verhoogde risiko vir die gemeenskap nie.”

Die brandweer bly op die toneel totdat alle opruimingswerk afgehandel is.

Astron Energy South African sê in sy verklaring dat sy noodprosedures dadelik in werking gestel en die plaaslike owerhede in kennis gestel is.

“Die brand is in bedwang gebring en die situasie in die aanleg is nou stabiel. Ons prioriteit is om die veiligheid van diegene op die perseel te verseker en verdere inligting sal verskaf word sodra die besonderhede bevestig is,” sê die maatskappy se woordvoerder, Suzanne Pullinger, in die verklaring.

Volgens Astron se webtuiste is dit die derde grootste ruolieraffinadery in die land.

explosion,Chevron,Refinery,02 June 2020,accident,@
Die raffinadery is die derde grootste in Kaapstad. Foto: Gallo Images

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.