Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man, vrou sterf toe lorrie deur huis bars
Die vragmotor wat deur die woning gebars het.Foto: NETCARE 911

’n Man en ’n vrou is Vrydagoggend oorlede toe ’n vragmotor deur hul woning in Kwampumuza in Sweet Waters, KwaZulu-Natal, gebars het.

Die bestuurder van die vragmotor en sy passasier het geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na die Edendale- provinsiale hospitaal gebring is vir verdere mediese behandeling.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê hul paramedici het omstreeks 09:50 op die toneel aangekom. Die inwoners van die huis het ’n kort afstand van die vragmotor gelê.

Hulle het veelvuldige beserings gehad en daar was ongelukkig niks wat die paramedici vir hulle kon doen nie, sê Meiring. Beide is op die toneel dood verklaar.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê die presiese oorsaak van die ongeluk sal deur die toepaslike owerhede ondersoek word, maar dit wil voorlopig voorkom asof die bestuurder van die vragmotor beheer oor die voertuig verloor het.

Twee persone is noodlottig beseer toe die vragmotor deur die woning gebars het. Foto: NETCARE 911
Meer oor:  Er24  |  Russel Meiring  |  Ongeluk  |  Vragmotor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.