Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man wat 4 doodry ná ongeluk, steeds soek

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ’n pa, sy twee kinders en nog ’n kind op 30 Maart buite Odendaalsrus doodgery is nie.

Die polisie soek na die bestuurder van ’n bakkie nadat Theuns Lubbe (39), sy kinders, Amory (4) en Tristen (8), en ’n maatjie, Juliana Gomez (6), langs die pad doodgery is. Hulle was langs die pad nadat hulle uit die wrak van hul voertuig geklim het.

Amory (4) en Tristen Lubbe (8) is saam met hul pa, Theuns, doodgery kort nadat die gesin in ’n ongeluk was waartydens Elmarie, die kinders se ma, dood is. Foto: Facebook

Lubbe se vrou en die twee kinders se ma, Elmarie (38), is dood in dié ongeluk.

Neels Lubbe, Theuns se neef, het nou ’n beloning van R20 000 aangebied vir iemand wat kan help om die skuldige op te spoor. Hy glo iemand moes iets gesien het.

Volgens hom behoort die bakkie glo aan ’n Ethiopiese burger wat in Orkney bly.

Die man het weggehardloop. Die polisie het op die bakkie beslag gelê en soek nou na die bestuurder.

Die gesin was die aand by ’n werksgeselligheid van Lubbe en was op pad terug na Allanridge waar hulle gewoon het.

Lubbe het waarskuwingsdriehoeke op die toneel uitgeplaas en saam met die kinders langs die pad gestaan toe ’n man met ’n Ford Ranger-bakkie hulle al vier doodgery het.

Juliana Gomez (6) het tydelik by die Lubbe-gesin gebly toe sy ook doodgery is. Foto: verskaf

Neels sê hy glo die bestuurder het ’n oordeelsfout begaan, maar dit is gewetenloos om weg te hardloop en nie verantwoordelikheid te aanvaar vir dit wat gebeur het nie.

“Ek slaap nie saans nie. Theuns, wat baie jonger as ek is, was soos ’n seun vir my,” sê Neels.

Neels sê bloedtoetse het gewys Lubbe was nie onder die invloed van drank ten tyde van die ongeluk nie.

“Hy sou nie drink as hy met die kinders gery het nie,” sê Neels.

’n Roudiens vir die Lubbe-gesin word Saterdagoggend om 11:00 uit die Vrye Baptiste-kerk in Tulastraat, Naudeville, Welkom, gehou.

’n Roudiens word om 12:00 by die Salt & Pepper-venue in Derdestraat, Welkom, vir Juliana Gomez gehou.

As iemand Neels kan help om die bestuurder van die bakkie op te spoor, kan hulle hom by 078 825 9881 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.