Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man wat by George van rotse geslaan is, steeds vermis

’n Visserman is Donderdag omstreeks 17:00 van die rotse afgeslaan en het in die see verdwyn by die mond van die Gwaing-rivier naby George.

Die vriend wat saam met hom was, het aan die Nasionale Seereddingsinstituut gesê hulle het saam visgevang toe sy vriend, ’n 58-jarige man van Pacaltsdorp, van die rotse afgeval het.

“Dit het die vriend ’n ruk geneem om by ’n punt te kom waar hy selfoonopvangs gehad het om hulp te ontbied,” sê Robert van Helsdingen, NSRI-Wildernis se stasiebevelvoerder, in ’n verklaring.

De NSRI is omstreeks 17:00 na die toneel.

Swemmers en die reddingsboot Oscars Rescuer is ingespan in die soektog. Van die man se familielede was op die toneel.

“Ondanks ’n uitgebreide soektog langs die kuslyn was daar geen teken van die man nie.”

Die provinsiale ambulansdiens, George-brandweer en die polisie was ook op die toneel en ’n reddingshelikopter is op ’n gereedheidsgrondslag geplaas.

Volgens Van Helsdingen gaan polisieduikers nou die soektog voortsit en die polisie ondersoek die saak.

Verskeie reddingsdienste op die toneel by die mond van die Gwaing-rivier in George. Foto: NSRI

Meer oor:  Nasionale Seereddingsinstituut  |  George  |  Wilderness  |  Soektog  |  Verdrinking  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.