Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man wat by selle inbreek, hang homself

’n Man het homself in ’n sel in die polisiekantoor in Mosselbaai opgehang nadat hy vroeër by die aanhoudingselle ingebreek en toe in hegtenis geneem is.

Hy is as Shaun Benton (51) geïdentifiseer. Hy het kort ná middernag by die selle by die polisiekantoor ingebreek. Hy het blykbaar in die diefwering van ’n ontvangskamer by die selle vasgesit toe die polisie op hom afgekom het.

Hy het snywonde en kneusplekke opgedoen en is na die hospitaal vir behandeling geneem. Hy is toe in hegtenis geneem en in ’n aanhoudingsel toegesluit.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê dit is onbekend waarom Benton in die eerste plek by die selle ingebreek het.

Hy is Dinsdag omstreeks 10:00 in die sel gevind waar hy homself opgehang het.

“Hy was in ’n knielende posisie met die verbande om sy nek. Geen misdaad word vermoed nie,” sê Pojie.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) is as standaardprosedure van die voorval in kennis gestel, sê Pojie.

’n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

Meer oor:  Mosselbaai  |  Selfdood  |  Inbraak  |  Hang
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.