Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man wat in gesig geskiet is, kry operasie

’n Man van Brits in Noordwes wat verby ’n gewapende rooftog gery het en toe in die gesig geskiet is, het Dinsdag ’n ure lange operasie in die Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria ondergaan.

Stephan du Plessis. Foto: Stephan du Plessis-Facebookblad

“Die operasie het goed verloop,” sê dr. Willem du Plessis, ’n algemene praktisyn en pa van die 35-jarige Stephan, wat Maandag in die gesig geskiet is toe hy met sy bakkie toevallig verby ’n gewapende rooftog by die poskantoor in Mabeskraal gery het.

“Stephan is Dinsdagmiddag 14:45 teater toe en het 17:30 uitgekom,” sê Du Plessis.

Die koeël is uit sy seun se linkersinusholte verwyder en die voorkant van die sinusgedeelte langs sy neus is ook in die operasie herstel.

“Die groot skeur op sy neus is mooi skoongemaak en geheg. Dit is heeltemal suksesvol gedoen behalwe vir ’n klein area waar daar nie weefsel was om te heg nie. Dié area moet natuurlik genees of as dit nie gebeur nie sal hy dalk plastiese chirurgie moet ondergaan,” sê Du Plessis.

Volgens hom behoort sy seun teen die einde van die week uit die hospitaal ontslaan te word.

Stephan, wat ’n koelkamer- en lugversorgingsonderneming bedryf, was Maandag omstreeks 11:00 op pad om opmetings vir die installering van ’n koelkamer te gaan doen toe ’n voortvlugtende rower ’n skoot in sy rigting geskiet en hom in die gesig getref het.

Vyf mans het veiligheidswagte wat kontant vervoer by die poskantoor in Mabeskraal oorrompel en met ’n onbekende bedrag geld weggekom.

’n Gewonde Du Plessis moes self 20 km ver ry voordat hy uiteindelik hulp by die Rietfontein-kliniek in Mabalstad gekry het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.