Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man ween oor sy Blommelyf-terriër in doodsberig
Gert Malan en sy Bella.

Bella, Bellie, Bells, Blommelyf, Mammiemuis.

“Vir my is sy oorlede, nie dood nie,” sê Gert Malan, ’n korrektiewe beampte van Uitsig, Bloemfontein.

’n Roerende doodsberig in Woensdag se Volksblad spreek van ’n groot liefde vir dié bostonterriër, wat skielik epileptiese aanvalle begin kry het.

“Op Saterdag 30 Junie 2018 het jy jou laaste aanval gehad. En dit was ons voorreg om jou laaste ure saam met jou deur te maak en ons weet dat jy bewus was van ons teenwoordigheid. Rus sag, ons Blommelyf,” lui ’n gedeelte van die berig, wat veel langer was as die res van die berigte oor mense wat heengegaan het.

Die huldiging wat Gert Malan vir Bella in Volksblad geplaas het.
Gert Malan met sy drie bostonterriërs.

Malan sê die plek was eintlik te min vir alles wat hy vir haar wou sê.

Bella het saam met Roxy en Nikita, twee ander bostonterriërs die Malan-egpaar se bed gedeel.

“Sy (Bella) was die sagte enetjie. Sy het altyd haar kop hier by my nek ingedruk. Sy was bitter spesiaal.”

Hy sou haar die Maandag vir ’n breinskandering geneem het om uit te vind wat fout is.

“Saterdag was dit te laat,” sê ’n droewige Malan, wat nou nie meer sy kopkussing met Bella kan deel nie.

“Sy het elke aand in my arms geslaap, met haar kop ook op die kussing. Baie aande het sy my wakker gesnork!”

Die ander “boetie en sussies” huil vandat sy weg is.

Sy was mal oor vla, Beeno-koekies en rooiworsies.

“Dit was ongelooflik, nee ek gebruik nie daai woord nie, dit was gelóóflik hoe Roxy, Nikita en Bobby (’n tien jaar oue optelbrak wat die Malans destyds gered het) hul arms so om my been gesit het toe ons van die veearts af teruggekom het. En hoe hulle nou kort-kort by haar mandjie gaan ruik. Hulle verlang beslis na haar.”

Bella word oorleef deur Malan en sy vrou, Ilse, Roxy, Nikita, Bobby en Albie en Spyker, twee papegaaie.

Meer oor:  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.