Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Mandela het Chester beskou as simbool van versoening’

Oudpres. Nelson Mandela het groot deernis en respek gehad vir Chester Williams. Hy het hom beskou as een van die simbole van versoening in Suid-Afrika.

Só sê Zelda la Grange, Mandela se gewese sekretaresse, nadat Williams (49) Vrydagaand kort voor 18:00 aan ’n hartaanval dood is.

La Grange sê Williams het homself beskikbaar gestel om almal se “held” te wees.

“Hy het, soos Madiba, die potensiaal gesien om sport as middel te gebruik om mense bymekaar te bring.

“Chessie, soos ons hom genoem het, het by ’n paar geleenthede by Madiba geëet en ons het hom en Maria (Williams se vrou) van tyd tot tyd by funksies raakgeloop.

“Hy het altyd ’n groot glimlag gebring op almal se gesigte as ’n gesogte speler, maar ook as ’n man van uitsonderlike karakter.

“Madiba het ook groot waardering vir hom gehad as ’n uitblinker op die sportveld en iemand wat homself bewys het met deursettingsvermoë en toegewydheid.”

Chester Williams bring die All Black-vleuel Jonah Lomu aarde toe tydens ’n Drienasie-wedstryd op Ellispark in Johannesburg. Foto: Argief

Die All Blacks tel onder diegene wat huldeblyke gebring het aan Williams.

Die voormalige Springbok-vleuel is dikwels beskou as die gesig van die Bokke in die 1995-toernooi, met sy foto wat oral verskyn het.

Williams het onlangs, op 30 Augustus, sy eie bier, Chester’s Lager en Chester’s IPA, bekend gestel, wat eersdaags tydens die Wêreldbeker-toernooi in Japan verkoop sal word.

Hy het tussen 1993 en 2000 in 27 toetse vir die Bokke gespeel en het 14 drieë gedruk.

Sedert sy uittrede was hy aktief betrokke by afrigting.

Hy was onder meer as ’n breier betrokke by die Springbok-sewesspan, die Superrugby-span van die Cats, asook by die Pumas. Hy was ten tyde van sy dood die hoofafrigter van die Universiteit van Wes-Kaapland se Varsitybeker-span.

Meer oor:  Chester Williams  |  Legende  |  Springbok  |  Huldeblyke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.