Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mandela se 1962-dagboek nou op Wikipedia
’n Dagboek wat Nelson Mandela tydens die Rivonia-verhoor gehou het. Dit is in samewerking van die Nelson Mandela-stigting en Wikipedia op dié tuiste beskikbaar gestel. Foto: Wikipedia

Die eerste Wikimania-konferensie suid van die Sahara is die afgelope week in Kaapstad gehou.

Sowat 700 mense van 80 lande het dit van Woensdag tot Sondag bygewoon en koppe bymekaar gesit om Wikipedia en Wikimedia te verbeter.

As deel van die konferensie en in samewerking met die Nelson Mandela-stigting is ’n dagboek wat Mandela in 1962 tydens die Rivonia-verhoor gehou het ook op Wikipedia beskikbaar gestel.

Katherine Maher, uitvoerende direkteur van die Wikimedia-stigting, het gesê Wikipedia het reeds uitgebrei tot iets wat fassinerend en wyd is. Maar dit verteenwoordig steeds nie die hele wêreld waarin almal leef nie. Nog baie van die ryk geskiedenis, diversiteit van taal, kultuur en mense van Afrika word nie op Wikipedia verteenwoordig nie, het sy gesê.

Daar word ook gedink aan hoe Wikipedia in die toekoms wil lyk, in 2030. ’n Wêreld waarin elke persoon kennis kan deel.

“Wat is die rol want ons wil speel in die wêreld van 2030? En watter werk lê voor?”

Om by te dra en te gaan kyk wat die idees is, klik hier.


Meer oor:  Nelson Mandela  |  Dagboek  |  Wikipedia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.