Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mandela was alle kinders se pa, sê Cyril by kinderhospitaal
cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa besoek die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad as deel van Mandeladagvieringe. Foto: Jaco Marais

Pres. Cyril Ramaphosa het siek kinders by die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Rondebosch aangemoedig om oudpres. Nelson Mandela altyd te onthou.

Ramaphosa het die lesse wat hy by Mandela geleer het met honderde pasiënte by die kinderhospitaal gedeel.

Ramaphosa het Mandeladag gevier as ’n gas by die hospitaal se radiostasie, wat deur kinders beman word.

Die stasie word deur kinders en voormalige pasiënte bestuur. Sedert November 2016 het RX Radio as ’n platform vir pediatriese pasiënte gedien om as junior verslaggewers opgelei te word.

In ’n omvattende onderhoud het Ramaphosa beklemtoon hoe belangrik dit is om Mandela te onthou.

Hy het spottenderwys geskerts dat hy op sy senuwees was om deur die jong omroepers ondervra te word.

“Ek is bly ek gaan nie deur julle almal ondervra word nie,” het hy grappenderwys gesê.

Ramaphosa sê Mandeladag is baie belangrik en dat dit eintlik die hele maand gevier moes word.

Oor sy verhouding met Mandela sê hy dat hy baie by die ontslape oudpresident geleer het, soos om in sy

voetspore te volg deur die mense van die land te dien. “Mandela was geliefd onder almal en is ’n wêreldwye ikoon. Hy was nie net ’n vader vir sy kinders nie, maar hy was ’n pa vir al die kinders en jong mense in ons land.”

Mandela was geliefd onder almal en is ’n wêreldwye ikoon. Hy was nie net ’n vader vir sy kinders nie, maar hy was ’n pa vir al die kinders en jong mense in ons land.
cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa Donderdag met sy besoek aan die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Ramaphosa het sy onderhoud afgesluit deur alle kinderluisteraars, veral dié in die hospitaal te bemoedig.

“Moet nooit moed verloor nie. Moet nooit dink dat jou toestand ’n toestand is waaroor mense nie omgee nie. Ons gee om. Ons wil hê jy moet positief wees – en kyk vorentoe.

“Wys vir ander dat jy vorentoe kyk en dat jy positief is. Daar is baie aan wie jy jou storie kan vertel. Vertel jou storie vir die wêreld. Dit is waaroor RX Radio gaan.”

Ramaphosa het veral sy steun vir diegene met gestremdhede uitgespreek en sê hy werk daaraan om te verseker dat gestremdes ook werk by maatskappye sal kry.

Ramaphosa was so beïndruk met die jong radio-omroepers, dat hy gesê het die besoek is die hoogtepunt van sy dag.

Volgens hom was hierdie Mandeladag sy beste tot nog toe.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Kaapstad  |  Mandeladag-Vieringe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.