Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Manifes vir SA gebaretaal uitgereik

’n Omvattende manifes oor die gebruik van gebaretaal is Vrydag deur die Pan-Suid-Afrikaanse Raad vir Gebaretaal bekend gestel.

Die manifes vra dat alle staatsdepartemente en ander staatsinstellings, en ook die private sektor, voorsiening maak vir gebaretaaltolke en aan dowe persone toegang gee tot noodsaaklike dienste deur byvoorbeeld aan maatskaplike werkers en polisielede gevorderde opleiding te bied in Suid-Afrikaanse gebaretaal.

Dr. David Maahlamela, voorsitter van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat), sê die manifes is geskoei op die ongeskiktheidsbeweging se beginsel van “niks oor ons, sonder ons nie”.

September is Dowe-bewusmakingsmaand en hierdie manifes lui verskeie bedrywighede in wat Pansat in verskeie dele van die land sal aanbied om die aandag te vestig op Suid-Afrikaanse gebaretaal en die manifes.

Pansat sê in ’n verklaring die manifes artikuleer en bevestig dowe mense in Suid-Afrika se taalregte en is daarop gemik om die regte omstandighede te skep waarin gebaretaal kan ontwikkel.

Dit is die produk van jare lange uitgebreide konsultasie met die dowe gemeenskap, sê Maahlamela.

Suid-Afrikaanse gebaretaal is ’n taal met sy eie onmiskenbare grammatikale struktuur en woordeskat. “Die bekendmaking van die manifes is ’n reusestap vorentoe om te verseker dat Suid-Afrikaanse gebaretaal as die 12de amptelike taal in Suid-Afrika erken word,” sê Maahlamela.

* Dowe Suid-Afrikaners was in 2013 geskok toe ’n gebaretaaltolk gedurende die gedenkdiens vir oudpres. Nelson Mandela voor die talle wêreldleiers ooglopend sy eie weergawe van gebaretaal versin het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.