Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Manne met ghanne vat meisie na afskeid
Jessica Dean van Alberton het saam met gewapende sekerheidswagte by haar matriekafskeid opgedaag. Lucas, Dwayne, Branden, Muzi en Giovanni was die manne wat haar vergesel het.Foto: Verskaf

’n Matriekmeisie van Alberton het verlede Woensdag met vyf gewapende sekerheidswagte aan haar sy by haar matriekafskeid opgedaag.

Maar dis nie omdat Jessica Deans bang was vir skelms nie. Dié span “oppassers” is deur haar kêrel, Eugene Bester (21), gereël om seker te maak niemand vergeet ooit haar groot oomblik nie.

“Dit was alles sy idee,” sê Jessica, van Bracken High School. “Dit was nogal ’n verrassing.”

Bester werk by die veiligheidsmaatskappy SOS Security in Alberton en het sy kollegas opgekommandeer om Jessica as ’n guns by die Thaba Eco Hotel te gaan aflaai.

Party mense het glo nogal geskrik toe die manne met hul gewere daar instap.

“Party mense het gedink dit is positief en snaaks, maar daar was ander mense wat gedink het dit is nogal negatief,” sê Jessica. “Daar is mense wat nie van vuurwapens hou nie. Maar ek het dit baie geniet.”

Sy sê sy is net nogal spyt dat Eugene nie op die foto’s verskyn nie.

“Hy het dit met sy selfoon geneem,” sê sy.

Toe Dean en die wagte klaar ingestap het, het die wagte sommer dadelik weer huis toe gegaan.

“Daarna het ek en Eugene verder ’n normale matriekafskeid gehad,” sê sy.

Meer oor:  Matriekafskeid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.