Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Manne verruil biere vir diere op Mandeladag
Annelize Engelbrecht en Willem van der Westhuizen met twee van die Paws-honde in Potchefstroom wat hulle Donderdag vir ’n stappie geneem het om hul deel vir Mandeladag te doen.Foto: Susan Cilliers

Die manne van die Suid-Afrikaanse Brouery (SAB) in Potchefstroom het op Mandeladag nie rondgesit en bier geproe nie, maar hul moue opgerol en die tuin van ’n dierewelsynsorganisasie omgespit.

Sashem Lingham, verkoopbestuurder by SAB in die omgewing, sê hulle het besluit om vanjaar hul 67 minute vir Paws te gee omdat nie net na mense nie, maar ook na diere omgesien moet word.

“Ander jare het ons minderbevoorregte kinders bederf op Mandeladag.”

Lingham en ’n paar van sy kollegas het Donderdag ook met van die honde gaan stap, gehelp om hokke skoon te maak en dierekos geskenk.

Die manne van die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) Donderdag by Paws in Potchefstroom aan die skoffel in dié dierewelsynsorganisasie se tuin. Voor is Henlou Retief (links) en Sashen Lingham. Agter staan Isaac Mbebe. Foto: Susan Cilliers

Annelize Engelbrecht, gebiedsbestuurder by Truworths, en haar verloofde, Willem van der Westhuizen, bestuurder van die River Walk-winkelsentrum in die stad, het Paws ook op Mandeladag bederf deur met van die honde te gaan stap. Hulle is op ’n gereelde grondslag as vrywilligers by dié diere-organisasie betrokke.

Cecilia Marais van Paws sê hulle kry diere oor die hele Noordwes, en mense van oral kan ook diere by hulle aanneem. “Ons het so tussen 180 en 200 honde en omtrent 100 katte. Partykeer kry ons ander diere soos verkleurmannetjies in, maar ons stuur hulle na ’n rehabilitasiesentrum.”

Die organisasie het altyd ’n behoefte aan dierekos, veral vir babahondjies omdat hulle so baie klein hondjies kry. Vrywilligers wat die diere liefde gee en uitneem vir stappies, asook warm beddegoed vir die vierpotiges is altyd welkom. “Mense kan ons ook help deur byvoorbeeld gratis elektriese werk te kom doen en ons wasmasjiene te diens. Ons het altyd stene en sement nodig om hokke te bou en te herstel.”

Paws het ’n veearts in diens wat soggens diere wat aangeneem is, steriliseer voordat hulle uitgeplaas word. Enigiemand kan ook smiddags ’n dier na Paws se veearts bring vir siektebehandeling of inenting – dis heelwat goedkoper as die gewone private veeartstariewe.

Besoek Paws se Facebook-blad PAWS – Potch Animal Welfare Society vir meer inligting.

Annelize Engelbrecht en Willem Van der Westhuizen met twee van die Paws-honde in Potchefstroom wat hulle Donderdag vir ’n stappie geneem het om hul deel vir Mandeladag te doen.Foto: Susan Cilliers

Meer oor:  Mandeladag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.