SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Mans en seuns praat openlik oor geslagsgeweld

’n Aantal mans en seuns het die afgelope naweek ’n gespreksforum in die parlementêre dorp Pelican Park, Kaapstad, bygewoon om te praat oor hoe hulle daadwerklik ’n verskil kan maak om geslagsgeweld hok te slaan.

Mans en seuns (en ook vroue) het Saterdag ’n gespreksforum in Pelican Park, Kaapstad, bygewoon om oor geslagsgeweld te praat. Foto: Verskaf

Dit is aangebied in samewerking met die regsadviessentrum van die suidelike voorstede en deel van die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Vroue het ook die gesprek bygewoon.

Luidens ’n verklaring is Saterdag se gespreksforum in ’n veilige ruimte aangebied sodat daar openlik oor die werklikheid van geslagsgeweld en die nadelige gevolge daarvan gepraat kan word.

“Die doel is om mans te bemagtig en hulle aktiewe deelnemers te maak in die stryd om geslagsgeweld uit te roei,” het die vroeëre verklaring gelui.

Die groep is ook aangemoedig om met oplossings vorendag te kom, asook om nou saam met die regering en ander organisasies te werk in ’n poging om vroue en kinders se regte te beskerm.

Uiteindelik moes hulle ook onderneem om daadwerklik teen geslagsgeweld en die euwels van patriargie te veg.

Moosa Mahadick, hoof van die Ottery-jeugsorgsentrum, het by navraag gesê dat 17- en 18-jarige seuns van hul sentrum die gespreksforum bygewoon het.

“Hulle moet deel wees van gesprekke oor manlikheid en watter soort rolle hulle in die gemeenskap moet speel. Dit is belangrik, want die kinders sien wat in ons gemeenskappe gebeur.”

Hy verwys na onvanpaste rolmodelle en jong mans wat hulle tot bendes wend met die belofte dat hulle vinnig ryk kan word.

Praise Kambula, hoof van ’n organisasie wat hulle beywer vir die bevordering van die regte van kwesbare groepe, was Saterdag een van die sprekers. Foto: Verskaf

“Ons wil eerder hê dat ons jong mans die regte keuses moet maak oor hoe vroue behandel moet word en om die kwesbares te respekteer.”

Hulle wil jong mans ook aanmoedig om gemeenskapsleiers te word, sê Mahadick.

Hy sê maatskaplike kwessies soos bendegeweld en geslagsgeweld word as normaal in sekere gemeenskappe beskou en daarom wil hulle daarop fokus om dié persepsies te verander.

“Ek was in my skik toe een van ons seuns sê: ‘Ons vergeet dat ons in ’n vrou se baarmoeder gedra is. Om ’n baba te dra, verg so baie van ons moeders en susters. Daarom moet ons ons vroue respekteer en hulle nie seermaak nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.