Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Marathon in Karoo se toekoms verseker

Die toekoms van ’n padwedloop wat ’n groot bydrae lewer tot die plaaslike ekonomie van Laingsburg in die Sentraal-Karoo, is verseker en sal weer aanstaande jaar plaasvind. Die wedloop, die Karoo Ultra 80 km-padwedloop, is die afgelope 48 jaar aangebied en het al ’n instelling geword op die dorp.

As gevolg van logistieke redes kan dit nie vanjaar plaasvind nie.

Die Karoo Ultra 80 km-padwedloop toe dit twee jaar gelede aangebied is. Foto: Facebook/Laingsburg Ultra Karoo Marathon/JJ Ellis Sports Facility

Die AHi Wes-Kaap is toe deur die plaaslike sakekamer genader om te help verseker dat die wedloop steeds plaasvind, sê dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap, in ’n verklaring.

Op 6 September het ’n vergadering plaasgevind tussen Mike Gouws, Laingsburg se burgemeester, Andries Hartman, voorsitter van die Laingsburgse sakekamer, die plaaslike atletiekklub en verteenwoordigers van die AHi Wes-Kaap.

Op die vergadering het Cilliers verduidelik oor die rol van ’n sakekamer in ’n plaaslike gemeenskap en hoe ’n sakekamer en ’n plaaslike owerheid saam kan werk om ekonomiese groei te bevorder en werk te kan skep.

Volgens Cilliers het die vergadering in ’n baie goeie gees plaasgevind. Daar is besluit om ’n gesamentlike komitee te stig wat bestaan uit verteenwoordigers van die stadsraad, die munisipaliteit, die plaaslike atletiekklub en die AHi Wes-Kaap. Die komitee kyk nou na die aanbied van die wedloop aanstaande jaar en ondersoek ook die moontlikheid om saam met die wedloop ’n Karoofees aan te bied. Meer besonderhede sal later bekend gemaak word.

Meer oor:  Ahi Wes-Kaap  |  Karoo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.