Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Maree se gedenksteen van geliefde kliptroon na V-monument

Lucas Maree se gedenksteen word binnekort na die Voortrekkermonument in Pretoria geneem nadat dit die naweek van die rotse by Victoriabaai verwyder is.

Maree, wat onder meer bekend was vir sy trefferliedjie “Victoriabaai”, is in 2011 aan kanker dood. Die liedjie se woorde en ’n foto van hom kon onder meer op die gedenksteen op die rotse by die uitkykpunt gesien word. Sy as is ook by Victoriabaai gestrooi.

Die steen is Saterdag verwyder nadat mense verlede jaar reeds gekla het dat die rotse by Victoriabaai se uitkykpunt al hoe meer soos ’n “kerkhof” lyk weens die gedenktekens en -stene vir afgestorwenes wat daar opgerig word en die talle kissies met as daarin wat op die rotse neergesit word. Ander mense het weer gevoel die kissies en gedenktekens doen niemand skade nie.

Nico Coetsee verwyder Saterdag Lucas Maree se gedenksteen van die rotse by Victoriabaai naby George.

Die George Heraldhet onlangs berig belanghebbendes het in Desember ’n vergadering gehou waar daar besluit is dat daar gepoog moet word om die gedenktekens en kissies te verwyder.

Die FAK het Maree se suster, René Janse van Vuuren, wat destyds die gedenksteen laat oprig het, genader om die steen na die Voortrekkermonument te verskuif en sy het ingestem.

Seugnet van Zyl, woordvoerder van die FAK, sê daar sal vandeesweek met ’n vervoerdiens gereël word om die steen na die monument te bring.

“Die ander reëlings is nog nie bevestig nie, behalwe die datum waarop die steen onthul sal word. Dit word op 18 Februarie, nege jaar ná Lucas se dood, gedoen.”

Die FAK se Afrikaanse Liedjietuin is in Oktober 2013 in sy hoofkantoor bekend gestel om hulde aan Afrikaanse sangers en liedjieskrywers te bring wat ’n bydrae tot die Afrikaanse musiekskat gemaak het of steeds maak.

Die name van Afrikaanse kunstenaars wat dood is, soos Maree en Johannes Kerkorrel, is op klipplaatjies tussen die rose aangebring. Die lirieke van Afrikaanse liedjies soos “Droomvrou” van Maree is op marmerplate in die tuin.


Meer oor:  Voortrekkermonument
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.